Hoe om heerlike brode te bak by La Motte
La Motte plaas is naby Franschhoek en pragtig met brood bak restaurant, kelder en kunsmuseum.
In 1695 is dit aan 'n Duitser, Hans Hattingh, gegee.
In 1709 is die grond deur La Motte se eerste Franse Hugenote-eienaar Pierre Joubert gekoop. Die naam La Motte het sy oorsprong van 'n klein dorpie in Provence - La Motte d'Aigues. Wingerde is in 1752 begin met 4 000 wingerdstokke deur Gabriël du Toit.
Dit is daar amper by die berge op die agtergrond.
Met 'n lieflike bakkery waar jy brode van verskeie soorte kan geniet.
Met aktiewe trekkers wat alles omploeg!
Vroegherfs
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd
wat verbruin, en witter lug
wat daglank
van die nuwe wind en klare
son
deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs
die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg
in die rookvaal bos en laan,
dat die
takke van die lang populiere al
teen elke
ligte môre witter staan.
O Heer,
laat hierdie dae heilig word:
Laat alles
val wat pronk en sieraad was
of enkel
jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp
word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan,
tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend
uit my teerder jeug verskyn.
© NP van Wyk Louw
Dis tyd om op te staart!
Ou huis in 1836 gebou.
Die wynkelder, nogal duur en 'n enkele glasie in die bakkery kan jou tot oor die vyf honderd Rand kos!
"Ek hou julle dop!"
Die Duitsers neem al weer oor!
Skaam en teruggetrokke, unieke spesiale restaurantjie
In 1687 kom Ds Pierre Simond hierheen uit Holland. Was 'n Franse vlugteling daar. Vir dertig jaar hier rond gepreek. Was' n kwaai ou gewees en het gemeentelede vervies en later terug Amsterdag toe.
Die amper dorp word toe Simondium genoem. Meestal plase en die pragtige kerk.
Minder as twee honderd lidmate met Ds Nadia Muller die leraar, meer daaroor hier.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking