Hoe om heerlike brode te bak by La Motte
La Motte plaas is naby Franschhoek en pragtig met brood bak restaurant, kelder en kunsmuseum. In 1695 is dit aan 'n Duitser, Hans Hattingh, gegee. In 1709 is die grond deur La Motte se eerste Franse Hugenote-eienaar Pierre Joubert gekoop. Die naam La Motte het sy oorsprong van 'n klein dorpie in Provence - La Motte d'Aigues. Wingerde is in 1752 begin met 4 000 wingerdstokke deur Gabriël du Toit. Dit is daar amper by die berge op die agtergrond. Met 'n lieflike bakkery waar jy brode van verskeie soorte kan geniet. Met aktiewe trekkers wat alles omploeg! Vroegherfs Die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug, tot selfs die traagstes; en die eerste blare val so stilweg in die rookvaal bos en laan, dat die takke van die lang populiere al teen elke ligte môre witter staan. O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pro...